STORMERS SONG

Dra die Bok, dra die Bok
Dra die Springbok op jou bors
Dra die trui, dra die trui
Dra die Springboktrui met trots

'n Honderd jaar was hy daar
Om die spelers uit te lei
Sou Paul Roos nou verstaan
As ons rugby Bok moet gaan?

Staan nou op, staan nou saam vir die Springbok held se naam
Staan nou op, staan nou saam, laat die Springbok nooit vergaan
Dra die Bok, dra dit saam, laat die Springbok iewers staan
En in jou en in my sal die Springbok helde bly

Dra die Bok, dra die Bok
Dra die Springbok op jou bors
Voel die trui, voel die trui
Voel die Springboktrui se trots

'n Honderd jaar, altyd daar
Om die spelers uit te lei
Sou die wêreld nou verstaan
As ons rugby Bok moet gaan?

Staan nou op, staan nou saam vir die Springbok held se naam
Staan nou op, staan nou saam, laat die Springbok nooit vergaan
Dra die Bok, dra dit saam, laat die Springbok iewers staan
En in jou en in my sal die Springbok helde bly

In die veld waar hy staan
Roep Suid Afrika sy naam
Groen op goud moet hy bly
Los die Bok vir jou en my

So laat ons staan, laat ons staan
Laat 'n land drom van sy naam
En in jou en in my
Sal die Springbok ewig bly

Staan nou op, staan nou saam vir die Springbok held se naam
Staan nou op, staan nou saam, laat die Springbok nooit vergaan
Dra die Bok, dra dit saam, laat die Springbok iewers staan
En in jou en in my sal die Springbok helde bly

Músicas mais populares de Gerrie Pretorius

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)