Ruiter Van Die Windjie

Almal van ons weet hoe vry is die windjie
As hy waai wil hy waai as hy draai wil hy draai
Die windjie
Oral om ons die gesuis van die windjie
En hy dra aan ons oor die gevoel om weer vry te wees

Ruiter van die windjie wil ek bly
Vryer as die voëltjies rondom my
Van verre lande vertel ek
Goue strande en die see

O ho hoo ruiter van die windjie o so vry
Stewig op jou ruggie wil ek bly
En oral waar jy mag swerwe
Voer jy my ook altyd mee

Saans as ek slaap slaap ek tussen die blare
Deur jou liedjie gesus as jy saggies versteur
Die blare
Vroeg voor die eerste straal skyn van die môre
Is ons twee weer op reis na die vryheid wat vir ons roep

Ruiter van die windjie wil ek bly
Vryer as die voëltjies rondom my
Van verre lande vertel ek
Goue strande en die see

O ho ho ruiter van die windjie o so vry
Stewig op jou ruggie wil ek ry
En oral waar jy mag swerwe
Voer jy my ook altyd mee

Ruiter van die windjie wil ek bly
Vryer as die voëltjies rondom my
Op verre lande vertel ek
Goue strande en die see

O ho ho ruiter van die windjie o so vry
Stewig op jou ruggie wil ek ry
En oral waar jy mag swerwe
Voer jy my ook altyd mee
En oral waar jy mag swerwe
Voer jy my ook altyd mee

Curiosidades sobre a música Ruiter Van Die Windjie de Gerrie Pretorius

Quando a música “Ruiter Van Die Windjie” foi lançada por Gerrie Pretorius?
A música Ruiter Van Die Windjie foi lançada em 2007, no álbum “Ek Sing Vir Jou Bles”.

Músicas mais populares de Gerrie Pretorius

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)