Hang 'n Duisend Liggies

Hoor hoe lag die manne waar ons langs die vliegtuig staan
Vrolik skud hul hande dis tyd om terug te gaan
Ek kyk weer na die fotos waar jy deur die kreukels lag
En hoop jy’s nog dieselfde soos op daardie somers dag

Hoor hoe brul die enjins ons is reg om op te stuig
Die laaste kwaai bevele laat die manne vinnig swyg
Ek loer weer oor my skouer na die bosse en die sand
En dink weer aan die huisie waar die vreugdes vure brand

Hang ‘n duisend liggies aan die gewel bo jou deur
Handpluk ‘n duisend blomme elke soort elke kleur
En sing ‘n duisend deuntjies om die ure om te kry
Laat brand ‘n duisend liggies om te wys jy wag vir my

Die dorpies en die stede blink doer onder op die grond
En hier hoog bo sit die manne in groepies oral rond
Ek dink weer aan jou briewe en onhou wat daarin staan
En iewers in die verte wag die laaste aanloop baan

Hang ‘n duisend liggies aan die gewel bo jou deur
Handpluk ‘n duisend blomme elke soort elke kleur
En sing ‘n duisend deuntjies om die ure om te kry
Laat brand ‘n duisend liggies om te wys jy wag vir my

Nou rek my treë langer as die wind my wange streel
My hart gedra hom moedig maar hy klop hier in my keel
Dan skielik vanuit nêrens staan dit helder voor my oë
En al was ek dit te wagtig is dit moeilik om te glo

Daar hang ‘n duisend liggies aan die gewel bo jou deur
Daar staan ‘n duisend blomme elke soort en elke kleur
Ek hoor ‘n duisend deuntjies en ek weet dat jy onthou
Daar brand ‘n duisend liggies ek is veilig terug by jou
Laat brand ‘n duisend liggies ek is veilig terug by jou

Músicas mais populares de Gerrie Pretorius

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)