Klein Karoo

Klein Karoo, verre land van verlatenheid
Klein Karoo, waar die Swartberge troon
In die Klein Karoo het jy steeds nog na my verlang
Ek kom terug na jou, by jou wil ek altyd woon

Klein Karoo
Dis waar ek jou liefde vind
Elke aand
Stap ons hand aan hand
Saam met jou
Kan ek van die toekoms droom
In die Klein Karoo
Wil ek met jou woon

Sien jy die aandblom staan en die sekelmaan, die wasigheid wat dit ontvou
So is my heimwee saans na jou daarom kom ek terug na jou

Klein Karoo, verre land van verlatenheid
Klein Karoo, waar die Swartberge troon
In die Klein Karoo het jy altyd na my verlang
Ek kom terug na jou, by jou wil ek altyd woon

Pluk in die laat middag 'n gousblom af, kyk hoe die blare toe vou
Net soveel dae bly nog oor dan is ek weer terug by jou

Klein Karoo
Dis waar ek jou liefde vind
Elke aand
Stap ons hand aan hand
Saam met jou
Kan ek van die toekoms droom
In die Klein Karoo
Wil ek met jou woon

Músicas mais populares de Gerrie Pretorius

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)