Ontvlugtig
Uit hierdie Valkenburg het ek ontvlug en dink my nou in Gordonsbaai terug
Ek speel met paddavisse in ’n stroom en kerf swastikas in ’n rooikransboom
Ek is die hond wat op die strande draf
En dom-allenig teen die aandwind blaf
Ek is die seevoël wat verhongerd daal en dooie nagte opdis as ’n maal
Die God wat jou geskep het uit die wind sodat my smart in jou volmaaktheid vind
My lyk lê uitgespoel in wier en gras
Op al die plekke waar ons eenmaal was