Lucille

Richard Penniman, Albert Collins

Omdat jy beter weet is ek geneig om my te steur aan die wyshede wat jy uiter
En omdat ek weet jy weet is ek geneig om jou in alle sake van belang te raadpleeg
Lucille jy wat altyd beter weet (Lucille)
Lucille jy vir wie ek vra

As jou gewete meen dat jy my van rade bedien sou wou ter wille van my welstand
Mag ek jou beleefd smeek om tog gehoor te gee an my partydige mymeringe
Lucille jy wat altyd beter weet (Lucille)
Lucille jy vir wie ek vra

As jy my sê dat jy dit nie waar, nie waar, nie waarlik in jou hart voel nie
Sal ek jou sê dat jy dit nie waar, nie waar, nie waarlik bedoel nie, of hoe?
Of hoe?
Of hoe?
Jy is tog vry
Om met my te kan

Jy kry my dikwels vas en dis daarom dat ek jou grepe respekteer en jou desnieteenstaande nie vermy nie
En as ek jy was het ek my dit veroorloof om te leef in die geloof dat ek bemind is
Lucille jy wat altyd beter weet (Lucille)
Lucille jy vir wie ek vra

As jou raad is dat ons twee nie saam, nie saam, nie saam kan wees nie
Kan ek nie anders as om my vanaand, vanaand, nie aan jou te steur nie, of hoe?
Of hoe?
Of hoe?
Jy is tog vry
Om met my te kan

Jy is tog vry
Om met my te kan

Curiosidades sobre a música Lucille de Chris Chameleon

De quem é a composição da música “Lucille” de Chris Chameleon?
A música “Lucille” de Chris Chameleon foi composta por Richard Penniman, Albert Collins.

Músicas mais populares de Chris Chameleon

Outros artistas de Pop rock