Muur

Lank reeds bou ek die muur tussen my en jou
Skans wat die ganse wêreld uit moet hou
Word soms alleen maar ek raak dit mettertyd gewoond
In 'n see van gesigte is ek die enigste wat my wêreld bewoon

En soms verbeel ek my dat ek dit met iemand deel
En al my sielsverlange word in haar oë weerspieël
En al my drome word waar
En ek ontwaak

Maar onlangs het ek teen my gewoonte in getuur
Na die afstand tussen die einder en my hemelhoë muur
Ek was verstom oor dit wat ek daar kon gewaar
Jy en alles wat jy is het jou lank reeds om my muur geskaar

En soms verbeel ek my dat ek dit met iemand deel
En al my sielsverlange word in haar oë weerspieël
En al my drome word waar
En ek ontwaak

Uit die slaapwandeling
Die lewe in afwesigjheid
Van die bedreiging van die liefde

Langsaam het my Jericho-muur ineen geval
Deur jou lyf omsingel en jou laggende trompetgeskal
My hart nog effe beskerm deur die klippepuin
Voor die aanslag van jou toewyding het ek in my verdediging versuim

En soms verbeel ek my dat ek dit met iemand deel
En al my sielsverlange word in haar oë weerspieël
En al my drome word waar
En ek ontwaak

Músicas mais populares de Chris Chameleon

Outros artistas de Pop rock