Om Te Verdaag

Donker nag en dit was laat, sy het my wakker gemaak en gesê
Ek moet hier ver weg gaan
Ek kan nie meer in vrees lewe nie, ek kan nie meer agter die toe deure nie en my huis
Het in 'n tronk ontaard

En kom jy saam
Of laat jy my jou verlaat

En sy sê, ek het jou lief en al die vrugte van my bestaan
Is joune as jy saam sal kom kan ons opnuut begin
Voor ons alles en mekaar verloor
Kom ons begin elders van voor

Ek het gevra dat sy moet wag, wag op 'n nuwe dag dat ek oor my antwoord kan besin
Toe die Afrika oggend in die ooste breek
Het ek my antwoord goed geweet en dit sorg in my hart lig ek haar toe in

Ons almal weet
Die waarheid maak soms seer

En ek sê, ek het jou lief en al die vrugte van my bestaan
Is joune maar ek kan nie saam weggaan nie
Sonder my wortels in die grond waarvandaan ek kom
Kan ek nie vrugte dra nie, ek kan nie doen wat jy my vra nie

Sy sê toe vir my
Dan moet jy alleen hier bly

Hierdie land het ons liefde verongeluk
Hierdie land is my moeder en my pa
En my beminde

Músicas mais populares de Chris Chameleon

Outros artistas de Pop rock