Offerande
Die kamer sal verander in 'n woud waarin ek ronddwaal
Stom en koud offerande
Ek sal 'n plekkie uitkies as 'n stand waarop ek jou as offer
Sal verbrand offerande
Uit hierdie muwwe duisternis en pyn
Sal nie vanaand 'n ander lam verskyn
Ek sal die altaar bou, die vuur aansteek, hoe lank gelede
Het my God gespreek
Jou woorde en jou liefde sal verstyf en om my sal jou rookvloek
Stikkend dryf offerande
En tog, my lam, sal Gods lig eendag skyn
Oor hierdie stand en teken van ons pyn
En tog, my lam, sal Gods lig eendag skyn
Oor hierdie stand en teken van ons pyn