Lied van die Lappop
Ek is die lappop wat nie praat
En maak net op jou liefde staat
Saans lê ek blind en stil en doof
En lig nie meer my semel-hoof, my hande roer nie en my lyf
Word met jou weggaan koud en styf
Sonder jou hulp kan ek nie loop
Jy het my sommerso gekoop
En sal my nog een
Guy Fawkes-nag goedsmoeds verbrand en daaroor lag, ek is die lappop sonder gees
My pyn jou luid gevierde fees
Lappop sonder gees
My pyn jou luid gevierde fees