Kabouterliefde

Die kabouter met die rooi-rooi pet, die kabouter met die geel hemp aan
Het sy hart gistraand vir my gegee en sy hemp is vir die maan

Die hoepelronde blou-blou lug het kadoemps op die grond geval
Hy’t dit blink-blou in sy hand gerol toe speel ons daarmee bal

Die kabouter met die rooi-rooi hart het dit self vir my gesê
Hy’t die aardbol oor sy kop gegooi, o dis hier waar die liefde lê
Dis hier waar die lief, dis hier waar die lief, dis hier waar die liefde lê

Die sterre met hul wit ligte het geknipoog toe ons lag
Hul’t rondom ons in ‘n kring getrek soos ‘n laer in die nag

Die aandblom het sy trom-trompet geblaas in die warrelwindkring
Die kalkoentjies met hul rooi mondjies het die sprinkaan-wals gesing

Die kabouter met die rooi-rooi hart het dit self vir my gesê
Hy’t die aardbol oor sy kop gegooi, o dis hier waar die liefde lê
Dis hier waar die lief, dis hier waar die lief, dis hier waar die liefde lê
Dis hier waar die lief, dis hier waar die lief, dis hier waar die liefde lê

Die maan met sy geel lyfie
Het gaan plat lê op sy rug
Hy’t gaan slaap by die gousblomme
Met sy boepens in die lug

Dis hier waar die lief, dis hier waar die lief, dis hier waar die liefde lê
Dis hier waar die lief, dis hier waar die lief, dis hier waar die liefde lê

Die kabouter met die rooi-rooi hart het dit self vir my gesê
Hy’t die aardbol oor sy kop gegooi, o dis hier waar die liefde lê
Dis hier waar die lief, dis hier waar die lief, dis hier waar die liefde lê
Dis hier waar die lief, dis hier waar die lief, dis hier waar die liefde lê

Músicas mais populares de Chris Chameleon

Outros artistas de Pop rock