Jy't My Gekierang

Jy't my gekierang dolie, jy het my gefop
My hart o, appelliefie verdroë in sy dop
Die predikant sê agge nee, my ma sê agga gwaan
My ouma dink weg wêreld waar kom ons hulp vandaan

Al gee ek jou die dagbreek se rooiwang-vy
Jy't laasnag o, my attatjie met 'n ander man gevry, ja
Al gee ek jou die dagbreek se rooiwang-vy
Jy't laasnag o, my attatjie met 'n ander man
Met 'n ander man gevry

Maar dolie bokkie baby jy het my verstoot
Al maak ek ook my daggies nes kuikens vir jou groot
My brakhond en my mak uil tjank hoog en wyd
Maar dolie bokkie baby ons tjank net een woord altyd

Al gee ek jou die dagbreek se rooiwang-vy
Jy't laasnag o, my attatjie met 'n ander man gevry, ja
Al gee ek jou die dagbreek se rooiwang-vy
Jy't laasnag o, my attatjie met 'n ander man
Met 'n ander man gevry

Músicas mais populares de Chris Chameleon

Outros artistas de Pop rock