Grootste Geskenk
Jare lank op reis
En 'n leeftyd al verby
Het gewandel waar die weg my wys en skielik
Skielik was daar jy
Ja, ek ken ook die pad
Hy strek hier agter my
Het gedink dit lei na nêrens en skielik
Skielik was daar jy
En ons het saam, saam uit die niet gekom
Sonder soeke sonder plan, die wêreld wederom
En ons het nooit veel gevra nie, geen betekenis of wenk
Maar gekry, onverwags, liefde, die grootste geskenk
En vir eens in my lewe
Staan ek 'n oomblik stil
Want bestaan is nie soos lewe nie en jy
Jy maak die verskil
En my strewe na genot
'n Gejaag was dit na wind
Maar die vrede en die groot geluk het ek
Ek by jou gevind
En ons het saam, saam uit die niet gekom
Sonder soeke sonder plan, die wêreld wederom
En ons het nooit veel gevra nie, geen betekenis of wenk
Maar gekry, onverwags, liefde, die grootste geskenk
Ja, ons het saam, saam uit die niet gekom
Sonder soeke sonder plan, die wêreld wederom
En ons het nooit veel gevra nie, geen betekenis of wenk
Maar gekry, onverwags, liefde, die grootste geskenk
Grootste geskenk
Die grootste geskenk