Die Lied Van Die Jong Suid Afrika [Duet]

En hoor jy die magtige dreuning oor die veld kom dit wyd gesweef
Die lied van 'n volk se ontwaking wat harte laat sidder en beef
Van Kaapland tot bo in die Noorde rys dawerend luid die akkoorde

Dit is die lied van jong Suid-Afrika
Dit is die lied van jong Suid-Afrika
Dit is die lied van jong Suid-Afrika

Die klop van ons osewawiele het die eeue se rus verstoor
Die klank van ons voorlaaierskote het klowe en kranse gehoor
Die diere het stil staan en luister, die bome het bewend gefluister

Dit is die koms van jong Suid-Afrika
Dit is die koms van jong Suid-Afrika
Dit is die koms van jong Suid-Afrika

Waar songloed en glorie die berge oor hul fronsende voorhoof streel
Waar ruisende wind oor vlaktes met grassaad kerjakker en speel
Die land wat ons vaders gekoop het met bloed tot ons eie gedoop het

Dit is die land van jong Suid-Afrika
Dit is die land van jong Suid-Afrika
Dit is die land van jong Suid-Afrika

Die golwende veld is ons woning en ons dak is die hemelblou
Die vryheid alleen is ons koning, sy wagwoord is handhaaf en bou
Die stryd wat ons vaders begin het sal woed tot ons sterf of oorwin het

Dit is die eed van jong Suid-Afrika
Dit is die eed van jong Suid-Afrika
Dit is die eed van jong Suid-Afrika

Músicas mais populares de Chris Chameleon

Outros artistas de Pop rock