Altyd Tuis

Soekend het ek ver geloop
My kop en oë wawyd oop
Neus ewig in die wind gerig op my pad na gister
En terug

My land lê iewers om die hart van my
Haar eggos bly my altyd by
En telkens as ek tasse pak vat ek my land saam
Hier in my hart

En wanneer ek die lang pad vat in my soeke na wie weet wat
En waar ek ookal vraend reis, die antwoord kry ek
Altyd tuis
Altyd tuis, antwoord altyd tuis

Die aard van my geskiedenis
Wat weer en weereens herskryf is lê stof en gaar in biblioteek en oor monumente
Stil gebreek

Ek kyk vir tekens waar ek gaan dat my mense ooit weer op sal staan
Van ons verlede goed genees om in die hede weer
Heel te wees

En wanneer ek die lang pad vat in my soeke na wie weet wat
En waar ek ookal vraend reis, die antwoord kry ek
Altyd tuis
Altyd tuis, antwoord altyd tuis
Altyd tuis

En as ek kyk hoe lyk ons nou
En my wat ons was laat onthou sien ek in al ons handeling
Die enigste sekerheid
Is verandering

Ja, wanneer ek die lang pad vat in my soeke na wie weet wat
En waar ek ookal vraend reis, die antwoord kry ek
Altyd tuis
Altyd tuis, antwoord altyd tuis

Altyd tuis, antwoord altyd tuis
Altyd tuis, antwoord altyd tuis
Altyd tuis, antwoord altyd tuis

Músicas mais populares de Chris Chameleon

Outros artistas de Pop rock