Staal Burger

Staal Burger (Staal Burger)

Staal is die wilde boer van Barberton
Legende oral oor so Riaan Cruywagen
Voorarm sterk soos ‘n skip se mas bind sy khaki broek met ‘n swart slang vas
Vars op die spoor van seven tot eleven jou eie superboer jou 007

Staal Burger (Staal Burger)
Hare op die tande en die hande hy’s wilder as wilder (As wilder)
Hy’s die koel in komkommer en die donder in die storm Staal Burger (Staal Burger)

Hy's die leeu wat brul wat die aarde laat dril Staal Burger (Staal Burger)

Taai soos ‘n ratel getrou soos staal
Sal elke skelm hel uit sy skuilplek haal
Groot soos Goliat die wille filistyn
Paraat soos ‘n bok in die Kruger wildtuin
Hy laat jou worry hy laat jou wonder hy het jou naam hy het jou nommer

Staal Burger (Staal Burger)
Hare op die tande en die hande hy’s wilder as wilder (As wilder)
Hy’s die koel in komkommer en die donder in die storm Staal Burger (Staal Burger)
Hare op die tande en die hande hy’s wilder as wilder (As wilder)
Hy's die leeu wat brul wat die aarde laat dril Staal Burger (Staal Burger)

Dapper soos ‘n man wat wil oorlog sterf elke vrou se droom hy’s sy sak sout werd
Slaan soos brandewyn skop soos gin
Hy is die storm wat die wind laat sing (Wind laat sing)

Staal is die wilde boer van Barberton
Legende oral oor so Riaan Cruywagen
Vel so taai soos ‘n ou matroos
Laat elke superheld met ‘n mantel bloos
Noem jou man ou Staal is sterker hy maak dit mooi hy maak dit lekker

Staal Burger (Staal Burger)
Hare op die tande en die hande hy’s wilder as wilder (As wilder)
Hy’s die koel in komkommer en die donder in die storm Staal Burger (Staal Burger)
Hare op die tande en die hande hy’s wilder as wilder (As wilder)
Hy's die leeu wat brul wat die aarde laat dril Staal Burger (Staal Burger)
Staal Burger (Staal Burger)
Staal Burger (Staal Burger)
Staal Burger (Staal Burger)

Músicas mais populares de Pieter Smith

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)