Ou Liefde

Ou liefde roes nie my baby
Ou liefde roes nie my ding
Ek en jy is soos ‘n goeie ou wyn
Ek en jy is baie goed geskink

Jy is die somer ek is die herfs
Jy die matras ja ek die kombers
Ou liefde roes nie my baby
Dis die ding

Stuur my jou hart
Dat ek myne weer kan regmaak
Stuur my al jou soene
Al jou soene op ‘n poskaart (O ja)

Ons liefde kan ek nie verklaar nie
Ons liefde is soos die wind
Waar ons vaar oor konstellasies
Sodat die Suiderkruis ons kan vind

Jy uit die ooste ek uit die weste
Jy bly my engel ek bly vir jou die beste
Ou liefde roes nie my baby
Dis die ding

Stuur my jou hart
Dat ek myne weer kan regmaak
Stuur my al jou soene
Al jou soene op ‘n poskaart

Oe ek vra jou, stuur my jou hart
Dat ek myne weer kan regmaak
Stuur my al jou soene
Al jou soene op ‘n poskaart

Jy uit die ooste ek uit die weste
Jy bly my engel ek bly vir jou die beste
Ou liefde roes nie my baby
Dit is die ding

Stuur my jou hart
Dat ek myne weer kan regmaak
Stuur my al jou soene
Al jou soene op ‘n poskaart

Oe stuur my jou hart
Dat ek myne weer kan regmaak
Stuur my al jou soene
Al jou soene op ‘n poskaart
Oe ja
Stuur my jou hart

Músicas mais populares de Pieter Smith

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)