Oom Thys De Beer

Oom Thys de Beer van Lekkerdraai het akkers vol pampoen gesaai
Maar ag oom Thys moes baie kla omdat die bobbejane pla
En werkskaf in sy landery o hy bekruip o hy beklim
Neef Kees was vir oom Thys te slim

Slagysters stel hy vir hulle op maar Kees het dit omgeskop
Toe sit hy ‘n geweer daarby en daarop het Kees perd gery
Toe bou hy ‘n wolwehok
Maar Kees sê mmm ek ken ‘n bok

Wie slaan die wie slaan die slaan die kitaar?
Kap af daai kap af daai ding wat jou pla

Kyk en kyk wyd want ‘n boer 'n boer maak ‘n plan

Toe pyns oom Thys vir dae lank hoe om hierdie vuilgoed tog te vang
En kyk daar kom die slimme man glad met ‘n splinternuwe plan
Hy neem ‘n ronde boerpampoen en wat dink julle gaan hy doen?
Hy maak ‘n gat aan die binnekant net groot genoeg vir Kees se hand
Toe gaan hy agter ‘n groot kru bos wag
En sê vandag, vandag gaan ek lekker lag

Wie slaan die wie slaan die slaan die kitaar?
Kap af daai kap af daai ding wat jou pla
Wie slaan die wie slaan die slaan die kitaar?
Kyk en kyk wyd want ‘n boer 'n boer maak ‘n plan

Kees kom steek sy handjie in hy dink oe dis so na my sin
Hy maak sy hand met pitte vol toe word dit nes ‘n krieket ball
Daar kom oom Thys met die sambok geweerpatrone en ‘n stok
Kees ruk en pluk so van sy lyf maar wat daai pitte hou hom styf

Kees huil en soebat in sy taal maar wat oom Thys is so hard soos staal
Hy slaan hom rug en kop en poot toe skiet hy vir arme Keesie dood

Wie slaan die wie slaan die slaan die kitaar?
Kap af daai kap af daai ding wat jou pla
Wie slaan die wie slaan die slaan die kitaar?
Kyk en kyk wyd want ‘n boer 'n boer maak ‘n plan

Oom Thys de Beer van Lekkerdraai het akkers vol pampoen gesaai

Wie slaan die wie slaan die slaan die kitaar?
Kap af daai kap af daai ding wat jou pla
Wie slaan die wie slaan die slaan die kitaar?
Kyk en kyk wyd want ‘n boer maak ‘n plan
Kyk en kyk wyd want ‘n boer maak ‘n plan
Kyk en kyk wyd want ‘n boer 'n boer maak ‘n plan

Músicas mais populares de Pieter Smith

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)