Shongololo
Vir elke reënboog is daar ‘n goudpot
Vir elke vetkers is daar ‘n witmot
Vir elke deurpad is daar ‘n sinkgat
Vir elke brander wat breek is daar 'n wit strand
Soos shongololo by Dikhololo
So stap my sonskyn
Hoort jy hier by my
Dit maak nie saak nie
Hoeveel ek maak nie
Want aan my liefde vir jou kan niemand raak nie
Vir elke soort pyn is daar ‘n soort wyn
Vir elke swart nag is daar ‘n ster wat skyn
Vir elke plaasdorp is daar ‘n windpomp
Vir elke kaggel wat brand is daar ‘n houtstomp
Soos shongololo by Dikhololo
So stap my sonskyn
Hoort jy hier by my
Dit maak nie saak nie
Hoeveel ek maak nie
Want aan my liefde vir jou kan niemand raak nie
Vir elke wynprop is daar ‘n seerkop
Vir elke bleskop is daar ‘n hoed op
Daar is ‘n oompie wat cheer as hy die paal drop
Daar is ‘n oompie wat vloek as daai ou misskop
Soos shongololo by Dikhololo
So stap my sonskyn
Hoort jy hier by my
Dit maak nie saak nie
Hoeveel ek maak nie
Want aan my liefde vir jou kan niemand raak nie
Vir elke huisie is daar ‘n kruisie
Oor elke meisie is daar ‘n wysie
Vir elke grondpad is daar ‘n stofpad
Vir elke luigat was daar ‘n lang lat