Onvergeetlike 7 Medley

Liesbet lees haar boek
Die kinders ry die supertube
Hier’s myle myle myle myle myle se lywe op die strand

‘n Poppie laat waai haar toppie
Maar daar poppie staan nie oppie
Sy lê met haar magie op die sand (Nou sê die manne)

Staan staan staan sê die manne
Staan staan staan sê die manne
Staan poppie staan poppie staan poppie sê die manne
Ja staan poppie staan poppie staan staan sê die manne

Ek sit en loer vir poppie
Sy lig sowaar haar koppie
Hier’s myle myle myle myle myle se lywe op die strand

Toe wag sy so ‘n rukkie
Maak vas haar boonste stukkie
En wikkel na die water oor die sand (Nou sê die manne)

Duik duik duik sê die manne
Duik duik duik sê die manne
O duik poppie duik poppie duik poppie sê die manne
Ja duik poppie duik poppie duik duik sê die manne

Want daar’s nie fout nie op Amanzimtoti, ek loer so skelm hier onder deur my hoed se rant
Daar’s nie fout nie op Amanzimtoti, ek loer so skelm hier onder deur my hoed se rant
Ek loer so skelm hier onder deur my hoed se rant

Elke nuwe jaar net na die Kersgety
Kom ‘n donkiekar drywer deur ons dorpie gery
Dan drom die mense almal op die markplein saam
Hy groet hul met die hand en hul by die naam

Die donkie staan en kou in die skadu van ‘n boom
En aankant brand ‘n vuurtjie waar die koffie stoom
En agter op die wa lê die goeters deurmekaar
Maar iewers in die bondel is sy rooi kitaar

Hey liedjie skrywer donkiekar drywer
Tonkel nog ‘n deuntjie op jou rooi kitaar
Maak jou eie woorde, steel ‘n paar akkoorde
Maak dit lekker lekker op die nuwe jaar

Hey liedjie skrywer donkiekar drywer
Vrolik klink die klanke van jou rooi kitaar
Vertel ons nog ‘n storie van hartseer en van glorie
Vertel ons van jou planne vir die nuwe jaar
Vertel ons van jou planne vir die nuwe jaar
Vertel ons al jou planne vir die nuwe jaar

Kyk ‘n bietjie rond
Is daar liefde in jou lewe?
Staan jy op vaste grond?
Is daar iets om na te strewe?

Sing jy nog ‘n lied van vrede, kan jy nog met blydskap lewe?
Want die liefde en die haat sal jou altyd bybly
Jy sal altyd val en seerkry
Sonder dat jy werklik sal verstaan

Maar as jy val dan moet jy gou weer opstaan, uithou aanhou altyd voortgaan
In die seerkry mens se lewens baan
Wie kan dit verstaan?
Wie kan dit verstaan?
Wie kan dit verstaan?

Karolis Karolis van Dwarskersbos
Hy’s ‘n Weskusklong van so ses voet ses
Sy hande is so groot soos ‘n piesangtros
Met sy voete die trap hy die klippe so los

Karolis Karolis is ‘n bul van ‘n man
Kan enige ding met sy kaal hande vang
By Sofie sy meisie is hy soos ‘n lam
Verlief oor sy ore vir haar is hy bang

Ja hy hou van die see en ‘n lekker koppie tee
En hy’s lief vir sy Ma en hy’s lief vir sy Pa
Hy sê hokaai wag nou ho nou kom nou
Ag toggie los my 'seblief net alleen
Hy se hokaai wag nou ho nou kom nou
Ag toggie los my 'seblief net alleen

Montagu
Ek drink jou muskadel
Ek sit hier op my rusbank, my voete op die springbokvel
Die Klein Karoo
Of die Kannaland
Die son steek die Langeberge aan die brand

O wêreld wat sal ek doen
As ek jou wil soen en jou pa van die soenery hoor?
Jy is die skyn in my sonskyn
As die lekkerte verdwyn, die bloeisel wat bloei in my hart

O jy’s die lekkerste lekker, lekkerste lekker
Wat ek in die lewe kan kry
O jy’s die lekkerste lekker, lekkerste lekker
Wat ek in die lewe kan, ek in die lewe kan, ek in die lewe kan kry

Daar’s 'n land aan suiderkant, kom deel in sy verhale
Uit die ooste weste noorde suide toegebring
Dis 'n land met wilde hands wat uitreik telkemale
Om die hoop van more te besing

Dis 'n land van kleure en klank
Dis 'n land van oorvloed en dank
Dis 'n land waar almal na strewe

Dis 'n land sonder horison en
Dis 'n land wat weet hy kan
Ook 'n blyplek neerlê vir my

Oe dis 'n land sonder horison en
Dis 'n land wat weet hy kan
Ook 'n blyplek neerlê vir my

Músicas mais populares de Pieter Smith

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)