Jy Is

Jy is die skaamwind in die koue wat huil
Jy is die somer in my waarheid kan skuil
Jy is die stemme in die berge wat roep
Jy is die storm oor die vlakte wat woed

Jy is die ritsel wat die blare laat roer
Jy is die oë agter die skadu wat loer
Jy is die een wat my gedagtes wegvoer
Na plekke ver bokant die stad se rumoer

Ons hoort bymekaar ek en jy
Saam oor die vlaktes vaar ek en jy
Vir ewig bymekaar ek en jy
Vir altyd in my hart sal jy bly

Ons hoort bymekaar ek en jy
Saam oor die vlaktes vaar ek en jy
Vir altyd in my hart sal jy bly
Vir ewig ek en jy

Jy is die stemme deur die bome wat sing
Jy is die strale wat die son nader bring
Jy is die kleure in die hersfwind wat waai
Jy is die rede waarom my aarde draai

Jy is die lug wat op die horison lê
Jy is die mooi wat net gedigte kan sê
Jy is die maan wat oor die swartwater skyn
Jy word net beter soos ‘n goeie rooiwyn

Ons hoort bymekaar ek en jy
Saam oor die vlaktes vaar ek en jy
Vir ewig bymekaar ek en jy
Vir altyd in my hart sal jy bly

Ons hoort bymekaar ek en jy
Saam oor die vlaktes vaar ek en jy
Vir altyd in my hart sal jy bly
Vir ewig ek en jy

Jy is die ritme wat my wêreld laat draai
Jy is die dagbreek wat die hane laat kraai
Jy is die troos wat oor my trane kom spoel
Jy is die mooi wat net ‘n hart kan bedoel

Ons hoort bymekaar ek en jy
Saam oor die vlaktes vaar ek en jy
Vir ewig bymekaar ek en jy
Vir altyd in my hart sal jy bly

Ons hoort bymekaar ek en jy
Saam oor die vlaktes vaar ek en jy
Vir altyd in my hart sal jy bly
Vir ewig ek en jy
Vir ewig ek en jy
Vir ewig ek en jy
Vir ewig ek en jy
Vir ewig ek en jy

Músicas mais populares de Pieter Smith

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)