Winterhart
My hart voel erg geteister
Soos ek na die woorde luister
Wat jy saggies vir my fluister
As die diepste donker duister oor jou kom
Daar’s geramtes in die voetpad
Van mense wat jou siel wil vat
En verblyding in jou afplat
Tot jy alles in jou siel glad wil vermom
Die verlange na wat was is lank verlore
En herrinnering is al wat aanklank vind
Die lewe hang soos skadus deur jou drome
Net die hartklank bly die siel nou eens gesind
Gedagtes en gebare
Opgegaar soos stof deur jare
Dwarrel doelloos tog ervare
Soos die herfs se roesbruinblare deur die wind
Die verlange na wat was is lank verlore
En herrinnering is al wat aanklank vind
Die lewe raak soos skadus deur jou drome
Net die hartklank bly die siel nou eens gesind
Die mens in jou is steeds bewus
Van dit wat nog die kinders sus
En al jou lewensvure blus
Sodat jy wel dan sielerus kan vind