In My Gebore
Daar's iets in die lug
Wat die vuur om ons siel bos toe laat vlug
Myle se teerpad agter jou rug
Ja daar's iets in die lug
Daar’s iets in jou hart
Ruik soos kameelhout en kruit
En dit laat jou verwart
Maande se wag vir ‘n boshonger hart
Ja daar’s iets in jou hart
Ja dis in my gebore
Ek loop in legende se spore
Vriende word hier broers saam met bloed
In die veld vat die hart sy koers
Ja dis in my gebore
Ek loop in legende se spore
Vriende word hier broers saam met bloed
In die veld vat die hart sy koers
Vat die hart sy koers
Gryswees gedaantes verdwyn agter mis
Dakke wat klap ‘n skoot is verkwoos
Net sy asem wat hang
In ‘n swarthak se skadu
Ek bly op jou spoor maar jy bly my voor
In die rooisand veld het ek jou verloor
Sien jou silhoeët agter ‘n sekelbos
Jy is koning vandag ek sal jou net hier los
Ja dis in my gebore
Ek loop in legende se spore
Vriende word hier broers saam met bloed
In die veld vat die hart sy koers
Ja dis in my gebore
Ek loop in legende se spore
Vriende word hier broers saam met bloed
In die veld vat die hart sy koers
‘n Lewe geneem, ‘n asem gegee
My dankbaarheid oor die vlaktes geskree
Deurgebreek na die groot trop
‘n Groter wyveld oorgetree
Ja dis in my gebore
Ek loop in legende se spore
Vriende word hier broers saam met bloed
In die veld vat die hart sy koers
Ja dis in my gebore
Ek loop in legende se spore
Vriende word hier broers saam met bloed
In die veld vat die hart sy koers
Ja dis in my gebore
Ek loop in legende se spore
Vriende word hier broers saam met bloed
In die veld vat die hart sy koers
Vat die hart sy koers