Vergenoegd

Ek het al vergeet hoe om te weet wanneer om stil te raak
En te besef wat ek het is genoeg
Ek het al verleer om te beheer en my gedagtes om te keer
Na ‘n plek, ‘n plek van dankbaarheid

Ja ons almal het ‘n doelwit ‘n plek van vergenoegdheid
‘n Eindpaal wat ons poog om te haal
En ons almal soek ons skepe wat jy het raak vergete
Ek vergeet soms om te sê

Ek is dankbaar vir ‘n dak oor my kop
Ek is dankbaar vir ‘n nuwe son wat opkom
Ek is dankbaar vir my vrou en my kind
Familie en vriende en vir jou, vir jou wat hier is

Die kar wat jy ry en waar jy bly is ook genoeg
Al soek jy groter en beter, werk jouself moeg
Maar is die tyd wat jy verloor die moeite werd?
Soek jou vrou en kind jou aandag of geld?

Ja ons almal het ‘n doelwit ‘n plek van vergenoegdheid
‘n Eindpaal wat ons poog om te haal
En ons almal soek ons skepe wat jy het raak vergete
Ons vergeet soms om te sê

Ek is dankbaar vir ‘n dak oor my kop
Ek is dankbaar vir ‘n nuwe son wat opkom
Ek is dankbaar vir my vrou en my kind
Familie en vriende en vir jou, vir jou wat hier is

Ek is skuldig in my woorde
Vergeet soms wat ek het is duurder as goud
En ek weet ek is ryker as meeste
Soek nie meer of net om als te behou

Ek is dankbaar vir ‘n dak oor my kop
Ek is dankbaar vir ‘n nuwe son wat opkom
Ek is dankbaar vir my vrou en my kind
Familie en vriende en vir jou, vir jou wat hier is

Músicas mais populares de Neil Somers

Outros artistas de Folk rock