Soet Soos Die Kaap Se Wyn

Tussen my en jou
‘n Onsigbare lyn wat ons saamhou
Botter en brood elke nood
Beelde wat ons twee kan saambou

Woorde wat sweef in die Melkweg
Melodië dryf in die wyn
Saam skryf ons songs oor die lewe
En baseer dit op liefde en pyn

Ek skryf die musiek wat pas by jou hartklop
Wat ek sing met my kop op jou bors
Wat ek suinig wil spaar tot jy saamsing
Dat ek nooit die woorde sal mors

By jou kom die note so maklik
Die liriek met ‘n wonderskoon lyn
Ons skryf ons songs van liefde
So soet
So soet soos die Kaap se wyn

Jy ken my hartklop se ritme
Die spoed wat net jy dit kan maak
Stadig as jy by my lê
En in my arms aan die slaap raak

In harmonie haal ons asem
In ons drome word liedjies geskryf
Ek praat in my slaap van ‘n engel
Maar hier lê jy teen my lyf

Ek skryf die musiek wat pas by jou hartklop
Wat ek sing met my kop op jou bors
Wat ek suinig wil spaar tot jy saamsing
Dat ek nooit die woorde sal mors

By jou kom die note so maklik
Die liriek met ‘n wonderskoon lyn
Ons skryf ons songs van liefde
So soet
So soet soos die Kaap se wyn

Ons lewe die mooiste lied wat ons saam geskryf het
Ek en jy elkedag ‘n nuwe vers wat net aan en aan hou

Ek skryf die musiek wat pas by jou hartklop
Wat ek sing met my kop op jou bors
Wat ek suinig wil spaar tot jy saamsing
Dat ek nooit die woorde sal mors

By jou kom die note so maklik
Die liriek met ‘n wonderskoon lyn
Ons skryf ons songs van liefde
So soet
Soos die Kaapse wyn

Músicas mais populares de Neil Somers

Outros artistas de Folk rock