Die laaste troebadoer

In ‘n land sonder grense waarheen niemand wil gaan
Vind ek in die donker spoor
Van ‘n ou troebadoer met sy vaal ou kitaar
En ‘n pen wat papier kon bekoor

En as ek hom kon volg buite tyd en bestaan
Na waar daar dalk ‘n toevlug is
Sal ek hom dalk net soveel beter verstaan
En dalk ook sy antwoorde wis

Want sy tyd is so lank reeds verby
En tog sy woorde lê ‘n vuur diep in my
As die lied oor die radio kom
Dwaal hy diep in my gedagtes rond

Ja die ou troebadoer het die stryd klaar gevoer
En pen op papier het gewen
Tussen al hierdie lyne en die vierreël refreine
Het die troebadoer die wêreld verken
Het die troebadoer die wêreld leer ken

In ‘n kluis vol refrein het hy sy reise gestoor
Het musiek soos ‘n sleutel gesluit
Vir altyd gebêre totdat iemand dit hoor
En die sprokie vir almal onsluit

Met woorde akkorde het hy sy liefde verbloem
‘n Gordyn wat sy menstig versteek
Wat sou hom in lewe met die wêreld versoen?
Geen siel sal dit nimmer ooit weet

Kyk my tyd is ook amper verby
En tog sy woorde leef nogsteeds in my
As die lied oor die radio kom
Dwaal hy diep in my gedagtes rond

Ja die ou troebadoer het die stryd klaar gevoer
En pen op papier het gewen
Tussen al hierdie lyne en die vierreël refreine
Het die troebadoer die wêreld verken
Het die troebadoer die wêreld leer ken

Ja die ou troebadoer het die stryd klaar gevoer
En pen op papier het gewen
Tussen al hierdie lyne en die vierreël refreine
Het die troebadoer die wêreld verken
Het die troebadoer die wêreld leer ken

Músicas mais populares de Neil Somers

Outros artistas de Folk rock