Dronkverdriet [Duet]

Miskien dalk een bietjie te veel gehad
Gedog dis nog vroeg maar dis lank na twaalf
Die wyn smaak bitter en die rook hang laag
Hoe't ons dan nou so oud geraak?

Jy wonder waar die tyd nou met ons gaan, drome val hoog uit die sterre middelklas loopbaan
Ons het dit dan nou so ver gemaak
Elke deur wat ons probeer nog 'n doodloop straat

En nou verlang ons na mense wat ons verloor het langs die pad
Die wêreld sal seker ook vergeet dat ons hier was

En ons is dronkverdriet
Êrens in die vroeg oggenduur en die wyn krap so diep
Al jou geheime uit geskryf teen die muur, ons is dronkverdriet
Verlang nou na iemand wat jy lief en die wyn krap so diep
Ons is dronkverdriet, dronkverdriet

So speel nog net een Laurika Rauch plaat of die tema lied van Jurassic Park
Ons sou op hou rook maar dis al tien jaar laat
Eendag is hierdie ook die goeie ou dae

Ons praat oor die hemel en of dit bestaan, wie weet wat gebeur as ons nou dood gaan?
Moes lank al terug wees maar dis klaar te laat, terug in die bed as die wêreld weer wakker raak

En nou verlang jy na Jeffreysbaai en toe jou pa nog hier was?
Ek's seker hy weet
Ons is maar almal soontoe oppad

En ons is dronkverdriet
Êrens in die vroeg oggenduur en die wyn krap so diep
Al jou geheime uit geskryf teen die muur ons is dronkverdriet
Verlang nou na iemand wat jy lief en die wyn krap so diep
Ons is dronkverdriet, dronkverdriet

Verlang jy na Jeffreysbaai en toe jou pa nog hier was?
Ek's seker hy weet
Ons is maar almal soontoe oppad

En ons is dronkverdriet
Êrens in die vroeg oggenduur en die wyn krap so diep
Al jou geheime uit geskryf teen die muur, ons is dronkverdriet
Verlang nou na iemand wat jy lief en die wyn krap so diep
Ons is dronkverdriet, dronkverdriet

Músicas mais populares de Loki Rothman

Outros artistas de Pop rock