My Kamer

Ek het al lankal immigreer
Na 'n kamer in my kop
Want daar hou ek versigtig
Die wêreld om my dop

My kamer bied 'n skuilte
As die storms buite woed
My kamer ken gehuime
Ja my kamer ken my goed

Beskut my teen 'n wêreld waar ek ongemaklik leef
Bevry my van begasie en laat my rustig wees

Die wêreld is my woning nie
Toshius sou verstaan
Ek reis al meer na binne
Tot dit tyd word om te gaan
Tyd word om te gaan

My kamer het geen meubels
Geen boek of skildery
Geen spinnerak of rommel
Om my aandag af te lei

My kamer het groot vensters
Sonder lyke of gordyn
Die uitsug onbelemmerd
Met die son wat helder skyn

Die wêreld is my woning nie
Toshius sou verstaan
Ek reis al meer na binne
Tot dit tyd word om te gaan

Ons ken die komplot van die drama
Elke eeu word daar vlink repeteer
Net die rolverdele die dekor verander
Maar waar is die groot regiseur?
Waar is die groot regiseur?

Die wêreld is my woning nie
Toshius sou verstaan
Ek reis al meer na binne
Tot dit tyd word om te gaan
Tyd word om te gaan
Tyd word om te gaan

Músicas mais populares de Loki Rothman

Outros artistas de Pop rock