Murg En Been

Ewe donker
Ewe lig
Ewe veel, ‘n ewewig
Ewe hard en
Ewe sag
Ewe skielik
Kom die dag

So dieselfde
So verskil
Ander helfte
Van my gil
Wil weer uitkom
Terug na my
Het te lank saam jou gebly

Plus en minus
Maal en deel
Dalk te min of
Dalk te veel van dieselfde murg en been
Ewe skielik
Weer alleen
Ewe skielik, weer alleen

Vinnig liefhê
Vinnig trou
Vinnig intrek, huis gebou
Vinnig stilte
Vinnig leeg
Vinnig einde, aanbeweeg

Plus en minus
Maal en deel
Dalk te min of
Dalk te veel van dieselfde murg en been
Ewe skielik
Weer alleen
Ewe skielik, weer alleen

Ewe skielik
Weer alleen
Ewe skielik
Weer alleen
Ewe skielik, weer alleen

Plus en minus
Maal en deel
Dalk te min of
Dalk te veel van dieselfde murg en been
Ewe skielik
Weer alleen
Ewe skielik
Weer alleen

Ewe skielik, weer alleen

Músicas mais populares de Loki Rothman

Outros artistas de Pop rock