Ek Mis Jou Ook

Byt net vas
Hierdie gaan dalk nog 'n rukkie vat
Is dit nou die deel waar jy weg stap?
Jy kan dit als op my blammeer

Nou en dan
Vir 'n oomblik wil ek net terug gaan
'n Spaarsleutel wat weer teen die muur hang

Maar jy is al lankal weg
Is jy al lankal weg?
Jy is al lankal weg

Ek sal nog altyd vir jou sing
As jy nog voel oor hoe dit klink
Al het jy klaar happiness gevind
As ek moet eerlik wees ek mis jou ook
As ek moet eerlik wees ek mis jou ook

Hou aan veg
‘n Suurstof masjien wat oortyd werk
Partykeer moet mens seker net kop uit trek
En aan beweeg
Het jy aan beweeg?
Jy het aan beweeg

Ek sal nog altyd vir jou sing
As jy nog voel oor hoe dit klink
Al het jy klaar happiness gevind
As ek moet eerlik wees ek mis jou ook
As ek moet eerlik wees ek mis jou ook

Wat is daar dan oor?
Wat wou jy nog sê?
Ek het genoeg gehoor om weer
Alleen in by bed te lê

Dalk dink ek aan jou
Maar so what?
Dalk dink ek aan jou
Dink ek aan jou
Dalk dink ek aan jou
Dink ek aan jou
Dalk dink ek aan jou

Músicas mais populares de Loki Rothman

Outros artistas de Pop rock