Wys My 'N Plek

Gee my 'n son wat altyd skyn
Gee my die sprinkel van vonkelwyn
Gee my die lag in jou donker oë
Want ek weet jy verstaan

Wys my 'n plek in 'n vreemde land
My hart is moeg, my hande swaar
Dis nou dat ek weet, voor u vergeet
Is dit waar die yswind waai?

Ek soek na die warmte van 'n liefdesvuur
O ek soek na die mooi van ons saamwees uur
Ek soek na jou praat in 'n donker tyd
Want ek weet jy verstaan

Wys my 'n plek in 'n vreemde land
My hart is moeg, my hande swaar
Dis nou dat ek weet, voor u vergeet
Is dit waar die yswind waai?

Kan ek jou wys hoe ek voel?
Kan jy nie sien wat ek bedoel?
En hoekom is jy so ver van my?
Dis binne my waar die yswind waai (Die yswind waai)

Wys my 'n plek in 'n vreemde land
My hart is moeg, my hande swaar
Dis nou dat ek weet
O jy mag nie vergeet
Dis binne my waar die yswind waai

Músicas mais populares de Danie Botha

Outros artistas de Gospel