Ek Hoor Die Sjofar

'n Belofte, 'n woord, dit het Hy gegee
'n Anker van siel verdryf die vrees
Ek leef in die hoop wat nooit nie beskaam
Want ek weet ek vertrou op die Here se Naam

Die wêreld so donker wou Hom nie sien
Die seun van die mens het ons vrede verdien
Geregtig, gehoorsaam, ten bloede gestrei
Hy dra die vloek vir jou en vir my

En ek hoor die sjofar en my vrese verdwyn
Die Morester roep, 'n lig begin skyn
Die hemel skuif oop, my swakhede kwyn
My liggaam verheerlik en ek is so vry
Ek is so vry

Die waarheid van 'n herder van liefde so vry
Die Skepper, die Bakker, die Vormer van klei
Hy blaas in ons gees Sy asem van krag
'n Begeerte vir kinders wat Sy liefde verwag

Die skepping onder wolke aan die nuutigheid wag
Op die kinders van God, die openbaring van krag
Verborge in die Seun skyn die Vader se plan
Genade, gelankmoedig bo begrip of verstand

En ek hoor die sjofar en my vrese verdwyn
Die Môrester roep, 'n lig begin skyn
Die hemel skuif oop, en my swakhede kwyn
My liggaam verheerlik en ek is so vry

En ek hoor die sjofar en my vrese verdwyn
Die Môrester roep en 'n lig begin skyn
Die hemel skuif oop, en my swakhede kwyn
My liggaam verheerlik en ek is so vry
Ek is so vry
Ek is so vry

Músicas mais populares de Danie Botha

Outros artistas de Gospel