Vriende

Hoe verstaan ek dit, dat jy moes weg gaan?
Die Heer se hand het jou dan self geplant
Wat van al ons drome en ideale?
Hierdie hoofstuk was nie so beplan

Maar ons sal onthou soos altyd
Vir ons is jy nog altyd daar
Jou liefde hou ons warm op die koue aand
Onvoorwaardelik was jy altyd daar

Vriende bly mos vriende as die Heer hul weer bepaal
O en vriende kan uit vriende steeds die mooiste haal
Ja dis swaar dat jy moes weggaan, dit kan ons nooit verstaan
Maar die Heer het so bepaal dat Hy jou nou wil kom haal

Al wat ons nou kan sien is jou plek wat leeg staan
Ons hartseer oë sien jou fotos in die gang
Daar's niemand wat jou plek ooit weer kan vol maak
Maar eendag sal ons alles wel verstaan

Maar ons sal onthou soos altyd
Want vir ons is jy nog altyd daar
Jou liefde hou ons warm op die koue aand
Onvoorwaardelik was jy altyd daar

En vriende bly mos vriende as die Heer hul weer bepaal
O en vriende kan uit vriende steeds die mooiste haal
Ja dis swaar dat jy moes weggaan, dit kan ons nooit verstaan
Maar die Heer het so bepaal dat Hy jou nou wil kom haal

En vriende bly mos vriende as die Heer hul weer bepaal
O en vriende kan uit vriende steeds die mooiste haal
Ja dis swaar dat jy moes weggaan, dit kan ons nooit verstaan
Maar die Heer het so bepaal dat Hy jou kom haal

Vriende kan uit vriende steeds die mooiste haal
Ja dis swaar dat jy moes weggaan, dit kan ons nooit verstaan
Maar die Heer het so bepaal dat Hy jou wil kom haal (Dat Hy jou kom haal)
Die Heer het so bepaal dat Hy jou nou wil kom haal

Músicas mais populares de Danie Botha

Outros artistas de Gospel