Uit Dieptes Gans Verlore - Ps. 130

Uit dieptes gans verlore van redding vêr vandaan
Waar hoop se laaste spore in wanhoop my vergaan
Uit diep van donker nagte roep ek, o Here, oor
En laat my jammerklagte tog opklim in U oor

As U, o Heer, die sonde na reg wou gadeslaan
Wie sou een enk'le stonde voor U, o Heer, bestaan?
Maar nee daar is vergewing altyd by U gewees
Daarom word U met bewing reg kinderlik gevrees

Sou U as Regter handel, o Heer en gadeslaan
Ons goddelose wandel, ag wie sou dan bestaan?
Maar nee daar is vergewing altyd by U gewees
So word U Heer met bewing reg kinderlik gevrees
Daarom word U met bewing reg kinderlik gevrees

Músicas mais populares de Danie Botha

Outros artistas de Gospel