Kon Ek Maar Jou Hart Werstaan

Die vuur maak skadus teen die muur
Nog 'n uur gaan verby, so weet ek jy is weg van my
En weet jy daar is stories in die vuur?
Mense, drome elke uur
O ek sou jou altyd lief kon hê

En kon ek maar jou hart verstaan
Sou ek nooit alleen moes gaan
Na 'n plek waar ek sonder liefde staan

En dan wonder ek of ek ooit sal weet?
Wonder ek of ek kan vergeet
Die tye wat ek saam met jou kon deel?
Saam met jou kon deel

Nou ken ek al die stories in die vuur
'n Droom is verby, is dit waar, is jy weg van my?
En al sou ek dan sonder liefde staan
Met mense sonder drome, sonder vrede elke uur
Ek sou jou altyd lief kon hê

En kon ek maar jou hart verstaan
Sou ek nooit alleen moes gaan
Na 'n plek waar ek sonder liefde staan

En dan wonder ek of ek ooit sal weet?
Wonder ek of ek kan vergeet
Die tye wat ek saam met jou kon deel?
Saam met jou kon deel

En dan wonder ek of ek ooit sal weet?
Wonder ek of ek kan vergeet
Die tye wat ek saam met jou kon deel?
Saam met jou kon deel
Saam met jou kon deel

Músicas mais populares de Danie Botha

Outros artistas de Gospel