Houtkruis, Pt. 2

Daar was 'n houtkruis
Ja 'n Redder aan 'n houtkruis vasgeslaan
Daar was 'n houtkruis
En daarom sal ek sing

Ek onthou vir Dawid
Voor die ark het hy gedans en juig
Nou na die kruis van Jesus
Hoe sal ons nog hande vou en swyg?

O daar was 'n houtkruis
Ja 'n Redder aan 'n houtkruis vasgeslaan
Daar was 'n houtkruis
En daarom sal ek sing

Wie sal my stil maak?
Wie sal my kitaar se snaar afbreek?
Wie sal my kan doodmaak
As my voete in dans wil los wil breek?

O daar was 'n houtkruis
My Redder aan 'n houtkruis vasgeslaan
Daar was 'n houtkruis
En daarom sal ek sing

Ek vra nie hoe jy voel nie
As gevoelens hoegenaamd die besluite kon raak
Dan was daar nooit die pyn nie
Toe die spykers deur die bloed daardie houtkruis kraak

O daar was 'n houtkruis
Ja 'n Redder aan 'n houtkruis vasgeslaan
Ja daar was 'n houtkruis
En daarom sal ek sing

O daar was 'n houtkruis
My Jesus aan die houtkruis vasgeslaan
Ya daar was 'n houtkruis
En daarom sal ek sing

Músicas mais populares de Danie Botha

Outros artistas de Gospel