Die Stem Van Die Here

Sag klink die stem van die Herder
Lei Hy Sy kudde na rus
Heerlik die boodskap van lewe
Beloftes van vrede en rus

Wag tot die donker verby gaan
Wag tot die Here verskyn
Leef in die sonskyn van more
Gou gaan die storms verby

Hoor jy die stem van die Here? (Stem van die Here)
O hoor jy die stem van my God? (Stem van my God)
Sag klink die stem van die engele
Prys hul die Here wat kom

Hoor jy die stem van die Here? (Stem van die Here)
O hoor jy die stem van my God? (Stem van my God)
Sag klink die stem van die engele (Halleluja)
Prys hul die Here
Wat kom

Músicas mais populares de Danie Botha

Outros artistas de Gospel