Net 'n Man

As ek 'n digter was
Sou ek boeke vol
En papirus rol oor jou skryf
As ek 'n digter was
As ek 'n swerwer was
Sou ek die aarde wyd
Van heel bo tot suid
Na jou soek
As ek 'n swerwer was

Maar wat jy sien is wat jy kry
Ek is hier om te bly gee jou alles vir my

Ek's net 'n man wat vra of ek jou kan dra op my hande
Jou vas kan hou in die aande as dit reën weet jy
Ek is die een vir jou
Ek's net 'n man wat sê wat my hart wil hê
Daar's niks anders
En ek weet dit sal nooit verander want ek weet
Ek's net die man vir jou

As ek 'n slodaat was
Dan sou ek man alleen elke oorlog deur vir jou veg
As ek 'n soldaat was
As ek 'n koning was
Sou ek die hele ryk van my koninkryk aan jou gee
As ek 'n koning was

Maar wat jy sien is wat jy kry ek is
Hier om te bly, gee jou alles vir my

Ek's net 'n man wat vra of ek jou kan dra op my hande
Jou vas kan hou in die aande as
Dit reën weet jy, ek is die een vir jou
Ek's net 'n man wat sê wat my hart wil hê daar's niks anders
En ek weet dit sal nooit verander want ek weet
Ek's net die man vir jou

Maar ek is nie 'n digter nie
Ek is nie 'n swerwer nie
Ek is nie 'n soldaat nie
Ja, ek is nie 'n koning nie

As ek 'n ou man is
Sal ek tevrede sê dat ek jou kon hê aan my sy
As ek 'n ou man is

Ek's net 'n man wat vra of of ek jou kan dra op my hande
Jou vas kan hou in die aande as dit reën weet jy
Ek is die die een vir jou
Ek's net 'n man wat sê wat my hart wil hê daars niks anders
En ek weet dit sal nooit verander want ek weet
Ek's net die man vir jou
En ek weet dit sal nooit verander want ek weet
Ek's net die man vir jou

Músicas mais populares de Bobby Van Jaarsveld

Outros artistas de