Elke Minuut
Hoe tel 'n mens
Hoe werk jy uit
Hoe baie ek jou lief het
Ek kan dit net verduidelik met 'n soen
Hoe weeg ek dit
Beskryf ek dit
Hoe baie ek van jou hou
Ek kan nie maar ek sê dit met 'n soen
Die enigste manier wat ek dit doen
Tagtig hartkloppe, vier liter bloed
Sestien keer asemhaal, vyftig gedagtes oor jou
Elke minuut van my lewe
Tien oogknippe en een honderd treë
Sewe en twintig duisend druppels sweet net vir jou
Elke minuut van my lewe van nou af vir ewig
Hoe skryf ek dit
Bewoord ek dit
Hoe sit ek op papier neer
Ek kan nie maar probeer dit met 'n soen
Die enigste manier om dit te doen
Tagtig hartkloppe, vier liter bloed
Sestien keer asemhaal, vyftig gedagtes oor jou
Elke minuut van my lewe
Tien oogknippe en een honderd treë
Sewe en twintig duisend druppels sweet net vir jou
Elke minuut van my lewe van nou af vir ewig
Verstaan jy nou
Wat ek voel vir jou
En alles wat ek sê en doen vir jou is en ek wys dit met 'n soen
Die enigste manier wat ek dit doen
Ja, tagtig hartkloppe, vier liter bloed
Sestien keer asemhaal, vyftig gedagtes oor jou
Elke minuut van my lewe
Tien oogknippe en een honderd treë
Sewe en twintig duisend druppels sweet net vir jou
Elke minuut van my lewe van nou af vir ewig