Lovesong Letter

Gisteraand het ek 'n brief vir jou geskryf
Swart op wit
My liefde vir jou bely
Uit my pen het die woorde min geraak
Toe skryf ek 'n song want jy weet hoe ek briewe haat
En hy gaan so

Hallo my Engel wat maak jy nou?
Ek wonder by myself waar is jy nou
Dit voel of ek jou so lank terug gesien het
Vandag het ek seer want ek mis jou so

Hierdie is my lovesong letter, my briefie net vir jou
'n Briefie net om te sê ek is baie
Ek is bitter baie lief vir jou

Gisteraand het ek die song vir jou gesing
Uit my mond, my hele hart vir jou gebring
En daai brief is toe klaar en toegevou
Maar die woorde klink net beter in 'n song vir jou
En hy gaan so

Hallo my Engel wat maak jy nou?
Ek wonder by myself waar is jy nou
Dit voel of ek jou so lank terug gesien het
Vandag het ek seer want ek mis jou so

Hierdie is my lovesong letter, my briefie net vir jou
'n Briefie net om te sê ek is baie
Ek is bitter baie lief vir jou

'n Briefie met akkoorde
'n Song met my woorde
En hierdie is my lovesong net vir jou
En hy gaan so

Hallo my Engel wat maak jy nou?
Ek wonder by myself waar is jy nou
Dit voel of ek jou so lank terug gesien het
Vandag het ek seer want ek mis jou so

Hierdie is my lovesong letter, my briefie net vir jou
'n Briefie net om te sê ek is baie
Ek is bitter baie lief vir jou
Ek is bitter baie lief vir jou
Ek is bitter baie lief vir jou

Músicas mais populares de Bobby Van Jaarsveld

Outros artistas de