Alleen

Alleen sonder antwoord
Alleen sonder pyn
Ek's teruggetrek in my dop in
Terwyl die son nog helder skyn
Stilbly is ook 'n antwoord
Wegkyk is ook sien
Terwyl jy alles regbuig
Kry ek wat jy verdien

O, ek sien die son daarbuite skyn
Voel die aarde druk hier teen my lyf
Ek voel die wêreld sluk my in
Ek sien die donderweer en ek wil wyk
Ek wil wyk van

Mense in die strate wat skinder van hul maters
Mense in my kop wat niemand ooit kan stop
Mense in my drome, mense rondom my
Mense in my gedagtes wat ek nie kan vermy

Deurmekaar sonder woorde wil ek my lewe skryf
Maar die hoofrol in my kop verblind die karakter binne my
My hart klop in 'n wysie
My kop dink vooruit
Oor dinge wat ek graag wil doen wat ek nie kan regkry

O ek sien die son daarbuite skyn
Voel die aarde druk hier teen my lyf
Ek voel die wêreld sluk my in
Ek sien die donderweer en ek wil wyk
Ek wil wyk van

Mense in die strate wat skinder van hul maters
Mense in my kop wat niemand ooit kan stop
Mense in my drome, mense rondom my
Mense in my gedagtes wat ek nie kan vermy

Alleen sonder antwoord
Alleen sonder pyn
Ek's teruggetrek in my dop in
Terwyl die son nog helder skyn
Stilbly is ook 'n antwoord
Wegkyk is ook sien
Terwyl jy alles regbuig
Kry ek wat jy verdien

O ek sien die son daarbuite skyn
Voel die aarde druk hier teen my lyf
Ek voel die wêreld sluk my in
Ek sien die donderweer en ek wil wyk
Ek wil wyk van

Mense in die strate wat skinder van hul maters
Mense in my kop wat niemand ooit kan stop
Mense in my drome, mense rondom my
Mense in my gedagtes wat ek nie kan vermy

Mense in die strate wat skinder van hul maters
Mense in my kop wat niemand ooit kan stop
Mense in my drome, mense rondom my
Mense in my gedagtes wat ek nie kan vermy

Daar's Mense in my kop wat niemand ooit kan stop

Músicas mais populares de Bobby Van Jaarsveld

Outros artistas de