Jagtrip

Kom gou bietjie nader ouens ons moet gou vergader oor die jagtrip
Koolerboks gepak my drie nul agt is in my sak dit is ‘n lang rit
Ons hou van lekker boud so op die kole met ‘n sout
Lekker pepper vir die geure my mond water al hoe meer is jy gereed
Vir lekker eet?

Mooi mik ons mag dalk ‘n bietjie lank sit jaag die bokke almal om die watergat
Kies dan vir jou ene met ‘n mooi galop jy moet nou baie mooi mik
Moenie laat die skoot te hard ruk gaan vanaand ‘n vleisie op die vuur sit
Ooh ek lewe vir ‘n lekker jagtrip

Ons het ‘n problem ons almal soek dieselfde ene wat alleen staan
Velletjie so goud met lekker paaie om die boud dit laat my mal gaan
Ons hou van lekker duie bietjie rooiwyn, roosmaryn en lekker pepper vir die geure
My mond water al hoe meer is jy gereed
Vir lekker eet?

Mooi mik ons mag dalk ‘n bietjie lank sit, jaag die bokke almal om die watergat
Kies dan vir jou ene met ‘n mooi galop, jy moet nou baie mooi mik
Moenie laat die skoot te hard ruk, gaan vanaand ‘n vleisie op die vuur sit
Ooh ek lewe vir ‘n lekker jagtrip

Maak seker ek staan teen die wind
Want ek soek daardie hart se punt vir my
Ek gaan hom kry

Mooi mik ons mag dalk ‘n bietjie lank sit, jaag die bokke almal om die watergat
Kies dan vir jou ene met ‘n mooi galop, jy moet nou baie mooi mik
Moenie laat die skoot te hard ruk, gaan vanaand ‘n vleisie op die vuur sit
Ooh ek lewe vir ‘n lekker jagtrip
Ooh ek lewe vir ‘n lekker jagtrip

Músicas mais populares de Arno Jordaan

Outros artistas de Afrikaans