Niks
Want niks, niks sal ek wees sonder jou nie
Niks sal my kan weg hou van jou nie
Want niks is wat ek is sonder jou
As ek dink, dink ek heeltyd aan jou
As ek vra vra ek net uit oor jou
As ek eet of ek slaap soggens tot laat
Niks kry my gedagtes van jou af nie
Want jy draai en jy draai in my kop
Laat my hart al hoe vinniger klop
Niks wat ek moet doen is vir my te veel nie
Alles wat ek doen is vir jou
Want niks, niks sal ek wees sonder jou nie
Niks sal my kan weg hou van jou nie
Want alles wat ek het is gebou (Gebou)
Gebou om jou want jy
Jy sal my nooit kan verveel nie
En niemand sal jou by my kan steel nie
Want niks is wat ek is sonder jou
As ek praat, praat ek heeltyd van jou
As ek lag, lag ek net saam met jou
Al sou ons baklei is alles ok
Niks sal ons twee ooit kan skei nie
Want jy draai en jy draai in my kop
Dis die liefde wat niemand kan stop
Niks wat ek moet doen is vir my te veel nie
Alles wat ek doen is vir jou
Want niks, niks sal ek wees sonder jou nie
Niks sal my kan weg hou van jou nie
Want alles wat ek het is gebou (Gebou)
Gebou om jou want jy
Jy sal my nooit kan verveel nie
En niemand sal jou by my kan steel nie
Want niks is wat ek is sonder jou
Want jy het alles wat ek in 'n vrou begeer
Alles soos jy en soveel meer
Jy bly die een die enigste een vir my
Want niks, niks sal ek wees sonder jou nie
Niks sal my kan weg hou van jou nie
Want alles wat ek het is gebou (gebou)
Gebou om jou want jy
Jy sal my nooit kan verveel nie
En niemand sal jou by my kan steel nie
Ja alles wat ek doen is vir jou