Engele

Die tyd is nou verby
Jou hande is nie warm nie
Jy kan nie langer bly

Jou oë het my gegroet
Ek wil jou nie so los nie maar
Die lewe sê ek moet

Ek sal dink aan jou as ek daar is waar ons was
Ek maak jou aan my hart se ritme vas

Want daar is Engele wat waak oor jou
Wat jou hand in die lig en die donker vas hou
Daar is Engele wat by jou staan
Wat jou dra op die wind en gaan waar jy gaan

En die tyd sal my net liewer maak vir jou
En die jare sal ons drome verder bou

Gesigte teen die muur
Die drome van ons ure saam
Is elke oomblik hier

Die dag het jou kom haal
En om jou weer te sien sal ek net
Als in my betaal

Ek sal dink aan jou as ek daar is waar ons was
En ek maak jou aan my hart se ritme vas

Want daar is Engele wat waak oor jou
Wat jou hand in die lig en die donker vas hou
Daar is Engele wat by jou staan
Wat jou dra op die wind en gaan waar jy gaan

En die tyd sal my net liewer maak vir jou
En die jare sal ons drome verder bou

Die tyd is nou verby
Jou hande is nie warm nie
Jy kan nie langer bly

Jou oë het my gegroet
Ek wil nie van jou weg gaan nie
Maar die lewe sê ek moet

Engele wat waak oor jou
Wat jou hand in die lig en die donker vas hou
Daar is Engele wat by jou staan
Wat jou dra op die wind en gaan waar jy gaan

En die tyd sal my net liewer maak vir jou
En die jare sal ons drome verder bou

Curiosidades sobre a música Engele de Arno Jordaan

Quando a música “Engele” foi lançada por Arno Jordaan?
A música Engele foi lançada em 2009, no álbum “Gee My”.

Músicas mais populares de Arno Jordaan

Outros artistas de Afrikaans