Straatseenade

Straatserenade jy lok met jou klanke draai jou wysie toe in papier
Vol helderblink note volg jou geskenk my wat langer in my hart sal duur

Helderblink note volg my die straat af jou deuntjie wat die lewe vier

Jou gesig is ‘n storie van tyd wat verby gaan van koue en hitte en reën
Ek lees tussen lyne die alleen pad se swye die hoekoms die wats en waarheen
Tog Johannes se kreukels lê sterk op die snare warm bekend soos ‘n vriend
Jou vingers stuur beelde waar ryk binneweelde wat dans in die groet van jou oë

Straatserenade jy lok met jou klanke draai jou wysie toe in papier
Vol helderblink note volg jou geskenk my wat langer in my hart sal duur
Straatserenade jy lok met jou klanke draai jou wysie toe in papier
Helderblink note volg my die straat af jou deuntjie wat die lewe vier

Ek hoor jou woorde verhale van gister van portrette onthale is swier
Vir vroër ou dae se sjarme en kleure wat elk van jou note versier
Maar êrens daar binne glimlag die hede vonkel die oomblik van nou
Jou stem stuur die liedjie bietjie vir bietjie na elkeen wat luister en neem

Straatserenade jy lok met jou klanke draai jou wysie toe in papier
Vol helderblink note volg jou geskenk my wat langer in my hart sal duur
Straatserenade jy lok met jou klanke draai jou wysie toe in papier
Helderblink note volg my die straat af jou deuntjie wat die lewe vier

Músicas mais populares de Anneli Van Rooyen

Outros artistas de Afrikaans