Ek Lewe

ANNELI VAN ROOYEN, ANNELI MARGARETHA VAN ROOYEN, JOACHIM HEIDER, NORBERT HAMMERSCHMIDT, ROLAND KAISER (BRD 1)

Ek lewe
Gemaak om na liefde te strewe
Op vlerke van vriendskap te swewe
Sonder vrae, sonder sorge!

Dag vir dag dreun, ritme om my heen
Voel die ure vol, en tog alleen
Maar, jou blik verslaan my vrese
Sonsaffier lag in jou wese
Bring geluk, wat lank verlore was

Ek lewe!
Gemaak om na liefde te strewe
Op vlerke van vriendskap te swewe
Sonder vrae, oor wat môre mag bring
O, ek lewe
Verstaan weer van droom en van vrede
Die vreugde van leef in die hede
Dat ek hier is vir 'n rede

Die vrae was, soos skadus binne my
Deur die ligte lag, en antwoord jy
En ek sien die sonverhale
In jou oë, nuwe tale
Lees die storie van weer-begin

Ek lewe!
Gemaak om na liefde te strewe
Op vlerke van vriendskap te swewe
Sonder vrae, oor wat môre mag bring
O, ek lewe
Verstaan weer van droom en van vrede
Die vreugde van leef in die hede
Dat ek hier is vir 'n rede

Ek lewe
Gemaak om na liefde te strewe
Op vlerke van vriendskap te swewe
Sonder vrae, oor wat môre mag bring

O, ek lewe
Verstaan weer van droom en van vrede
Die vreugde van leef in die hede
Dat ek hier is vir 'n rede

Ek lewe

Curiosidades sobre a música Ek Lewe de Anneli Van Rooyen

Em quais álbuns a música “Ek Lewe” foi lançada por Anneli Van Rooyen?
Anneli Van Rooyen lançou a música nos álbums “Ek Lewe” em 2007 e “Treffers Op Versoek” em 2009.
De quem é a composição da música “Ek Lewe” de Anneli Van Rooyen?
A música “Ek Lewe” de Anneli Van Rooyen foi composta por ANNELI VAN ROOYEN, ANNELI MARGARETHA VAN ROOYEN, JOACHIM HEIDER, NORBERT HAMMERSCHMIDT, ROLAND KAISER (BRD 1).

Músicas mais populares de Anneli Van Rooyen

Outros artistas de Afrikaans