Jy Is In My Hart

ANNELI VAN ROOYEN, B MEINUNGER, R SIEGEL

My wolke dorpie in die berge
Dis waar jy my vandag sal kry
Waar blom verkopers in die straatjies langs hoofpaaie en stof paadjies
Kleur en geur laat sprei

My wolke dorpie in die berge
Waar liedjies deur die helder dae kring
Waar ‘n kabelspoor van wense styg deur mens se grense
En jou na my toe bring

Want jy is in my hart
‘n Druppel son wat lig laat reën
In my hoekie van die wêreld kan ek my liefde bêre
En warm teen jou leen

Want jy is in my hart
‘n Kleursambreel wat om my vou
In my hoekie van die wêreld kan ek my liefde bêre
Om jou binne my te hou

My draai-orreltjie denke
Dans deur elke ? waarin jy sal kom bly

Daar’s ‘n dorpie in die berge
Waar deuntjies sag in my kan bly weerklink
En as ek fyn bly luister hoor ek die ritme fluister en jou naam se klank wat blink

Want jy is in my hart
‘n Druppel son wat lig laat reën
In my hoekie van die wêreld kan ek my liefde bêre
En warm teen jou leen

Want jy is in my hart
‘n Kleursambreel wat om my vou
In my hoekie van die wêreld kan ek my liefde bêre
Om jou binne my te hou
In ons hoekie van die wêreld kan ek ons liefde bêre om jou binne my te hou

Curiosidades sobre a música Jy Is In My Hart de Anneli Van Rooyen

Em quais álbuns a música “Jy Is In My Hart” foi lançada por Anneli Van Rooyen?
Anneli Van Rooyen lançou a música nos álbums “Neem My Saam” em 1980 e “Treffers Op Versoek” em 2009.
De quem é a composição da música “Jy Is In My Hart” de Anneli Van Rooyen?
A música “Jy Is In My Hart” de Anneli Van Rooyen foi composta por ANNELI VAN ROOYEN, B MEINUNGER, R SIEGEL.

Músicas mais populares de Anneli Van Rooyen

Outros artistas de Afrikaans