Jy Bly Die Een

Hier en daar ‘n paar frustrasies nou en dan klein irritasies
Dinge word tog somtyds net te veel
Ons vergeet van speel en skater word al ernstig al hoe kwater
Maar daar’s een ding wat jy moet onthou

Die gedagte van jou is so soet soos heuning
En dit is vir my genoeg om van te sing
En as ek ooit so dwaas sou wees om weg te dwaal (Weg te dwaal)
Sal jy belowe om my altyd te kom haal?

Jy bly die ene jy bly die ene
Jy bly die een vir my (En ek sê weer)
Jy bly die een vir my (En ek sê weer)

Die gras is groener hier by jou jy’s nommerpas om vas te hou
Daar’s net een vis in die see wat ek so van hou
Ons maak probleme avonture redeneer en praat vir ure
Dis somtyds moeilik maar jy moet onthou

Die gedagte van jou is so soet soos heuning
En dit is vir my genoeg om van te sing
En as ek ooit so dwaas sou wees om weg te dwaal (Weg te dwaal)
Sal jy belowe om my altyd te kom haal?

Jy bly die ene jy bly die ene
Jy bly die een vir my (En ek sê weer)
Jy bly die een vir my (En ek sê weer)
Jy bly die een

Hierdie ritme van die lewe maak tog sin
Met die polsslag van die kanse wat dit bring
En ek weet as ek in donker ure vas sou val
Is jy die soeklig wat my terkens tyd kom haal

Die gedagte van jou is so soet soos heuning
En dit is vir my genoeg om van te sing
En as ek ooit so dwaas sou wees om weg te dwaal (Weg te dwaal)
Sal jy belowe om my altyd te kom haal?

Jy bly die ene jy bly die ene
Jy bly die een vir my (En ek sê weer)
Jy bly die een vir my, jy bly die een, jy bly die een (En ek sê weer)
Jy bly die een, jy bly die een

Curiosidades sobre a música Jy Bly Die Een de Anneli Van Rooyen

Quando a música “Jy Bly Die Een” foi lançada por Anneli Van Rooyen?
A música Jy Bly Die Een foi lançada em 1980, no álbum “Neem My Saam”.

Músicas mais populares de Anneli Van Rooyen

Outros artistas de Afrikaans