Eerste Liefde

ANNELI VAN ROOYEN

Ek dink terug vanaand aan my veertiende jaar
Ek was maar pas met Std 7 klaar
En aan hom breed geskouerd gespierd en lank
Hy was die eerste span se beste vlank

Ooh hoo my eerste liefde
Mmm eerste liefde
Met sy donker hare en sy donker oë
Het hy my knieë lam getoor

Ooh hoo my eerste liefde
Mmm eerste liefde
Mmm met sy donker hare en sy donker oë
Het hy my knieë lam getoor

Blink was my hare elke dag gewas
Hartjies geteken oral op my tas
Ek het myself vir hom mooi gemaak
Met dieëte hier en oefeninge daar

Dag na dag het ek vir hom gewag
En lank voor die spieël geoefen om te glimlag
Maar die dae het later maande geword
En die maande later, sewe jaar

Ooh hoo my eerste liefde
Mmm eerste liefde
Mmm met sy donker hare en sy donker oë
Het hy my knieë lam getoor

Ooh hoo my eerste liefde
Mmm eerste liefde
Mmm met sy donker hare en sy donker oë
Het hy my knieë lam getoor

Vandag was ek skielik olik by die werk
'n Dokter is geroep om my aantesterk
En toe ek opkyk kon ek dit nie glo
Voor my was die man met die donker oë

My siekte het gewyk soos son in die mis
Ek het na hom gestaar of hy myne is
Sy hande was stil sy glimlag was eg
Toe't ek geweet die lewe is reg

Ooh hoo my eerste liefde
Mmm eerste liefde
Mmm met sy donker hare en sy donker oë
Het hy my knieë lam getoor

Eerste liefde
Mmm eerste liefde
Mmm met sy donker hare en sy donker oë
Het hy my knieë lam getoor

Eerste liefde
Ooh hoo my eerste liefde

Curiosidades sobre a música Eerste Liefde de Anneli Van Rooyen

Em quais álbuns a música “Eerste Liefde” foi lançada por Anneli Van Rooyen?
Anneli Van Rooyen lançou a música nos álbums “Ek Wil Jou Ken” em 1999 e “Treffers Op Versoek” em 2009.
De quem é a composição da música “Eerste Liefde” de Anneli Van Rooyen?
A música “Eerste Liefde” de Anneli Van Rooyen foi composta por ANNELI VAN ROOYEN.

Músicas mais populares de Anneli Van Rooyen

Outros artistas de Afrikaans