Dink Nou Net

Kyk die maan se asem wasem teen die berg se wang
Kyk die sterre wink van verre bome teen die hang
O dink nou net was jy nou hier sou ons ‘n fees kon vier

Ek alleen en jy ‘n ster so naby maar so ver
Dink nou net was jy nou hier jy sou my soos ‘n nagwind troos
O dink nou net was jy nou hier dink nou net

Kyk die skewe grassaad bewe soos die wind hul blaas
Hoor die luide naggeluide in die verte raas
O dink nou net as jy kon kom dan wag ons vir die son

In jou arms breek die dag en jy verdryf die nag
Dink nou net as jy kon kom die lus die lag die goue son
O dink nou net as jy kon kom dink nou net

As my vensterruit my stuit om ver na jou te reik
Wil ek deur my venster beur ver in die toekoms kyk
O dink nou net was jy nou hier sou ons ‘n fees kon vier

Ek alleen en jy ‘n ster so naby maar so ver
Dink nou net was jy nou hier jy sou my soos ‘n nagwind troos
O dink nou net was jy nou hier dink nou net

Curiosidades sobre a música Dink Nou Net de Anneli Van Rooyen

Quando a música “Dink Nou Net” foi lançada por Anneli Van Rooyen?
A música Dink Nou Net foi lançada em 2009, no álbum “Treffers Op Versoek”.

Músicas mais populares de Anneli Van Rooyen

Outros artistas de Afrikaans